Die leefstyltydskrif van 132 bladsye vir kampeerders, woonwa- en 4x4 entoesiaste en avontuurreisigers
Weg! Ry & Sleep
Meer as toeval
POSBUS • Ons hoor graag wat jy op die hart het! Skryf vir ons by 🖰 rysleep@weg.co.za en onthou asseblief om jou volledige adres en kontakbesonderhede te gee. Ry & Sleep behou hom die reg voor om briewe te redigeer en verkort – en na goeddunke in die tydskrif, op die webwerf en elders te gebruik.
Aangename kennis! • Splinternuwe woonwaens het ’n buiging gemaak by die onlangse kykNET-Buite-ekspo by Malmesbury in die Wes-Kaap.
Nuwe kampplek by Vanderkloof
Stofpadsjiek • Hoewel Lexus se GX al in sy derde geslag is, het hy nou eers in Suid-Afrika sy opwagting gemaak. Cyril Klopper bekyk hom van nader.
Langsamerhand deur Laingsburg • Wanneer ’n mens in ’n dorre stuk aarde ’n oase teëkom, maak jy seker jy vertel vir almal daarvan. Hier is sommer twee van hulle in die Groot-Karoo.
Die geheim van die Oos-Kaapse Karoo • Waar kry jy tien poorte en een nek? In die Grootrivierberge! Kom ry ’n draai deur die Noorsland van die Oos-Kaapse Karoo.
Onder-Sabie bly maar bobaaso • Onder-Sabie in die suide van die Krugerwildtuin is baie gewild, selfs in stiller tye. Ongeag die tyd van die jaar gaan jy sukkel om ’n klomp dae ná mekaar te bespreek as jy nie vroeg spring nie.
Zimbabwe wag • Haar pa, Kobus Smit, sê altyd al verwag jy die beste, moet jy regmaak vir die slegste. Dieselfde geld vir ’n selfrytoer deur Zimbabwe, sê Lea Erasmus, wat saam met haar man, Francois, aan die stuur van sake staan by Ultimate Routes.
Die kroonprins van bergpasse • Die Prins Alfredpas is by uitstek 68 km van die padingenieur Thomas Bain se heel beste werk. Ry hom uit die Klein-Karoo na die Tuinroete toe.
Na waar níks is • Die waarde van reis is dat dit nie net jou liggaam na ’n ander tyd en plek toe neem nie, maar ook jou siel, sê Antoinette Olivier.
Kampplekke vir jou vierbeenkroos • ’n Mens wil ontspan wanneer jy kamp – by dié agt wegbreekplekke is jou troeteldiere welkom om saam te kom asem skep.
Dié buksie het houding • Danksy hulle laer koopprys as dié van volgrootte sportnutse is kruisnutsvoertuie uiters gewild onder mense wat lief is om grondpad aan te durf. Mahindra het hier ’n gawe een beet.
’n Bieliebakkie met bultende spiere • Met die eerste oogopslag lyk die spesiale uitgawe van Mahindra se reeks Karoo-bakkies na ’n ongeslypte diamant, maar ’n mens besef vinnig dié rygoed skitter op hulle eie manier.
Vat ’n blaaskans • Die vervaardiger AlphaGo se S6-model is op die oog af doodgewoon en net soos ander waens, maar as jy nader kyk, is daar iets hééltemal anders aan hom.
Van die fabriek tot die pad • Voor ’n nuutgeboude woonwamodel op die pad toegelaat word, moet die owerheid die groen lig gee. Hierdie proses staan bekend as homologasie, en só werk dit.
Pasop... wilde diere! • Een groot vrees van mense wat in die wildernis uitspan, is dat ’n roofdier hulle sal aanval. Wat is die kans dat dit met jou sal gebeur op ’n oorlandreis, en wat staan jou te doen in só ’n geval?
Welkom, winter • Met die wintermaande wat aan ons deur kom klop, is dit nie nodig om met Jan Tuisbly se karretjie te ry nie. Hier is ses kampgoed om jou warm te hou, en ook raad vir winterkleredrag.
Êrrie, kerrie, tjorts! • Pantser jou teen die winterkoue met dié smaaklike kerriegeregte.
BLOKRAAI
PRETBLAD
Ons moet méér wegkom • Om te reis en kamp gee jou die geleentheid vir stilte en nadenke, veral oor daardie dinge waarvoor daar nie plek is tussen die geraas en gejaag van die stadslewe nie, sê Mic van Zyl.
’n Kleiner voetspoor • Kampeerders én die kampplekke waar hulle uitspan, het ’n verantwoordelikheid om die...